Goeie nuus vir musieklefhebbers! Francois Van Coke het ‘n nuwe musiek video vandag vrygestel vir sy liedjie “Die wêreld is mal”. Dis die 3de titelsnit van sy 2de solo album (“Hierdie Is Die Lewe”) af.
In hierdie mal wêreld, waar daar nét soveel is wat mens kan beheer, is dit net liefde wat ons kan anker, vertroos en bymekaar hou. Die wêreld is mal, ‘n opregte ballade deur Francois Van Coke, beklemtoon hierdie sentiment.
Sedert Francois Van Coke se tweede solo album, Hierdie is die Lewe, vrygestel is het hierdie liedjie alom groot lof ontvang. “Die wêreld is mal” is die snit op die album wat die meeste kere afgelaai is sonder enige spesifiek gerigte bemarking. Hierdie liedjie bring hoop en fokus op die liefde in tye waar dit maklik is om net die negatiewe te sien.

“Rommelstatus, die afgradering van ons kreditgradering, Zuma wat aan mag vasklou, Donald Trump is die president van Amerika, mense wat mekaar dood maak in die naam van geloof, kern dreigemente vanaf Noord-Korea… Die wêreld is mal, maar hopelik kan die mense naaste aan ons ons rasioneel hou,” sê Francois.
Francois Van Coke, met behulp van Converse, is trots om ‘n musiekvideo aan te bied wat net so mooi en aangrypend soos die liedjie is. Om julle idee te gee, hier is ‘n ekserp van die lirieke: “Die wêreld is mal, kompleks en kwesbaar, mense wat oor mekaar val , die wêreld is mal , jy is die uitsondering, want die wêreld is mal”.
Kyk na die musiek video (wat deur Pieter Nel vervaardig is) hier onder:
As jy vir Francois Van Coke wil live sien, check hom uit by een van hierdie gigs / festivals:
- 14 April 2017 – Lush Festival, Clarens, Free State
- 15 April 2017 – Afrikaans Rock VOL 2, Shimmy Beach Club, Kaapstad
- 17 April 2017 – Park Life Festival, Green Point Cricket Oval, Kaapstad
- 28 April 2017 – Newcastle Winterfees, Kwazulu Natal
- 29 April 2017 – Sonic Stadium Music Festival, Loftus Versfeld, Pretoria
- 3 Mei 2017 – Stellenberg International Food Festival, Kaapstad
- 6 Mei 2017 – Riebeek Cellars, Riebeeck Kasteel
- 12 Mei 2017 – Emirates Golf Club, Dubai
- 13 Mei 2017 – The Mexican Food & Tequila Festival, Royal Elephant Hotel, Centurion
- 18 Mei 2017 – Blou Hond, Pretoria
- 19 Mei 2017 – Aandklas, Pretoria
- 20 Mei 2017 – Rock In My Taal, Big Top Arena, Carnival City Casino & Hotel
- 27 Mei 2017 – Jacaranda Dag , Voortrekker Monument, Pretoria
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
Jy sal dalk ook hiervan hou
-
Francois van Coke het sy nuwe punk anthem "Bangkinders" uitgereik. Dis propvol rou energie en satire oor moderne absurditeite.
Francois van Coke en VOLK gee "Groen en Goud", 'n rouwe punk rock-weergawe van The Bats se rugbyklassieker, nuwe lewe met vars energie.
-
Francois van Coke & Vriende keer terug op 9 Oktober 2026 met 'n ongelooflike line-up en nuwe musiek wat jy nie mag mis nie.
Francois van Coke lewer "Nagmerries (Bye bye baby)" as eerste van vier nuwe singles wat in 2026 verwag word, met 'n kragtige musiekvideo.

