Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ons verf die dansvloer blou met “Naam”

Ons verf die dansvloer blou met “Naam”

Blitsoorsig: Musiekduo Ons, bestaande uit Marco van Deventer en Ruvé Erasmus, het 'n nuwe single "Naam" uitgelewer. Die sprankelende pop-liedjie vang die gevoel van liefde op eerste oogopslag vas en bied volgens die duo 'n unieke klank aan die Suid-Afrikaanse musiektoneel. Die musiekvideo is in Centurion opgeneem, en Ons beplan nou 'n landswye toer met optredens by Krone en GrootFees.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 19, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 74 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die dinamiese musiekduo Ons, wat bestaan uit Marco van Deventer en Ruvé Erasmus, is terug met ’n nuwe enkelsnit wat jou sommer dadelik na die dansvloer sal lok.

“Naam” is ’n sprankelende pop-treffer wat die gevoel van liefde op die eerste oogopslag vasvang – daardie oomblik wanneer jy iemand sien, halsoorkop verlief raak en weet: dit is jou persoon.

Ons

Marco, wat grootendeels die liedjie geskryf het, verduidelik: “Dis wanneer jy iemand sien en jy sommer dadelik weet jy wil die res van jou lewe saam met hulle spandeer. Die enigste ding wat jy nog kort, is hul naam.”

Volgens Ruvé bly “Naam” getrou aan Ons se gewilde resep: “Ek is seker as jy van ‘Lag’ gehou het, gaan jy beslis van ‘Naam’ hou,” sê sy.

NetfloristOfferforge

Met ’n vars popklank en ’n aansteeklike tempo, glo Marco dat dié liedjie iets nuuts bied aan die Suid-Afrikaanse musiektoneel: “Ons het met ’n unieke klank geëksperimenteer wat nog nie hier gedoen is nie.”

As hulle die liedjie in drie woorde moet beskryf, antwoord hulle sonder huiwering: “Verliefdheid, adrenalien en misterie.”

Meer inligting oor Ons se nuwe treffer

Die musiekvideo vir “Naam” is by Railways Café in Centurion verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, met verskeie vriende van die duo wat daarin verskyn. Die kreatiewe konsep het begin toe Marco ’n blou elektriese kitaar raakgesien het – ’n visuele inspirasie wat toe die kleurtema vir die hele projek geword het.

“Ek het selfs ’n micstand blou gespuitverf om in te pas,” vertel Ruvé.

NetfloristOfferforge

Marco voeg met ’n glimlag by: “Ons wou hê mense moet dit onthou as ‘die blou liedjie’, selfs al onthou hulle nie die liedjie se naam nie – verskoon die pun.”

Kyk die musiekvideo hier onder:

ONS - Naam (Amptelike Musiekvideo)

Met “Naam” beplan Ons om landswyd te toer. Hulle sal ook hul heel eerste optrede op die Krone-verhoog hê, en in Desember weer die GrootFees in Hartenbos aan die brand sing.

Jy kan “Naam” HIER stroom.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • ONS Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sou Jy?”

    ONS Musiek Groep
    Music Videos 18 Mar 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”

    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Music News 14 Aug 2026
  • Max More Releases New Single: “Cherry”

    Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Music News 14 Aug 2026
  • Eva Marie Releases New Single: “Keep My Name Out Your Mouth”

    Eva Marie
    Music News 10 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Naam Ons Pop
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.