Augustus 2024 sien die vrystelling van ’n nuwe enkelsnit vanaf Jako Meyer, genaamd “Ballito”. “Ballito” kom na die vrystelling van sy vorige enkelsnit, “Oor My Voete Val” in April vanjaar.
Jako Meyer beskryf “Ballito” as een van sy gunsteling plekke
Hy het die liedjie in Junie 2024 neergepen met die liefde tussen mense en ’n goeie tyd in “Ballito” as inspirasie.

“Ek is baie lief vir “Ballito”. Die idee van die see, naglewe en die liefde en herinneringe tussen mense is vir my magies.” sê Jako.
’n Lekker luisterliedjie met ’n opsetlik rustiger aanslag as wat aanhangers gewoond is van Jako Meyer, is juis geskryf vir almal met ’n liefde vir “Ballito” – ’n plek war jy vir ’n oomblik kan vergeet en jou beste lewe leef met net goeie tye.
Opgeneem in Potchefstoom saam met Johan Viljoen wat ook help skryf het aan die liedjie – wou die duo juis die nostalgie van “Ballito” vasvang met die rustiger effek van die nuwe enkelsnit:
“”Ballito” is vir almal wat herinneringe het van die dorp, of nog gaan maak, hetsy saam met vriende, familie, of die liefde van jou lewe.” sê Jako.
Jy kan “Ballito” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koppie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly oor die beste Suid-Afrikaanse musiek.
🎵 Verken ons Music Hub: Check bietjie ons Music Hub uit vir meer resensies, nuus en aanbevelings.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
🔥 Popular Articles: Kyk wat ander mense lees by ons Popular Articles.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

