Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Anton Goosen bekoor bewonderaars met “Sirkels”

Anton Goosen bekoor bewonderaars met “Sirkels”

Blitsoorsig: Ikooniese sanger Anton Goosen het sy nuwe album Sirkels uitgereik na maande van werk en navorsing. Die album bevat nege liedjies wat wissel van ballades oor liefde tot protesrock en blues, met drie toonsettings van Antjie Krog en DJ Opperman, plus duette met Lise Swart en Zolani Mahola. Die titel Sirkels reflekteer die begrip wat deur die hele album loop, soos tyd, liefde, en die stryd tussen goed en kwaad.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 26, 2024No Comments4 Mins Read Music News 69 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Hulle sê goeie dinge gebeur met diegene wat bereid is om te wag. Dit is beslis waar van die ikoniese sanger en liedjieskrywer, Anton Goosen, se langverwagte nuwe album wat pas uitgereik is en beloof om bewonderaars se verwagtinge behoorlik te oortref.

“Ek het baie lank gewerk, nagevors en opgeneem aan die album,” verduidelik die Liedjieboer. “Ons – Peter Pearlson, my ingenieur-maestro vriend, kitaarspeler Illimar Neitz, baskitaarspeler Schalk Joubert, en tromspeler Kevin Gibson – het aan die einde van 2022 die eerste twee snitte begin opneem. Die res is deur die loop van 2023 voltooi.”

Anton Goosen - Sirkels

Anton Goosen beskryf die album se musiekstyle en inkleding as uiteenlopend “Dit wissel van ballades oor die liefde en soms vereensaming, van die esoteriese na ghoema, en van ernstige protesrock uit Illimar se snare na smokey blues. Maar in die geheel is dit ’n nuwe eenvormige klank, anders as al my vorige albums.”

Die welbekende en immergewilde kunstenaar verduidelik dat hy eers nadat die album voltooi is, besef het dat die titel Sirkels moet wees.

NetfloristOfferforge

“Die begrip maak spreekwoordelike draaie deur die ganse album,” verduidelik die Liedjieboer. “Ek en Peter werk al sedert 1987 saam en hy is al gewoond daaraan dat ek na voltooiing van ’n album ‘a late thought on the highway’ kry. Hierdie keer was dit die slot-deel van die laaste liedjie, toe ek weer dink aan Jean-Baptiste Karr se woorde ‘hoe meer dinge verander, hoe meer bly als dieselfde’, met ander woorde, die sirkels van die lewe.”

“Die liedjies op die album maak draaie nie net van die liefde en die lewe nie, maar die sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.”

Meer inligting oor Anton Goosen se nuwe album

Sirkels bevat nege nuwe liedjies, insluitend drie toonsettings – “Bly by my, (my lief)” en “Êrens is jy” van Antjie Krog, asook “Apollo 11” (Ruimtestasie Houston) van DJ Opperman. Dit sluit ook twee duette, met onderskeidelik Lise Swart en Zolani Mahola van Freshlyground, in.

Die eerste enkelsnit vanaf die album, “Bly by my, (my lief)” – wat hy vir die Woordfees getoonset het – is sedert dit in Meimaand uitgereik is, baie goed deur luisteraars, radiostasies en resensente ontvang.

NetfloristOfferforge

Die omslagontwerp vir die album is deur Carel de Beer van Onelove gedoen.

Meer inligting oor Anton Goosen

Anton Goosen is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. Kruidjie-roer-my-nie was sy eerste enkelsnit wat kommersiële sukses behaal het. Sy eerste album, Boy van die suburbs, was ook in 1979 ’n kitssukses.

Dié lewende legende, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou, het al meer as 20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder ’n Brief vir Simone (1980), Die Laaste Tango (2013), en Siembamba (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Richard Clayderman, Sonja Herholdt, Carike Keuzenkamp, Koos Kombuis en vele meer, neergepen.

Sy laaste album, 40 jaar: Liedjieboer Innie Langpad, is in 2019 uitgereik. Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, insluitend SAMA-, Innibos-, en FAK-toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek.

NetfloristOfferforge

Buiten die uitreiking van Sirkels werk Anton Goosen vanjaar aan verskeie konsertvertonings, asook ’n vier-episode dokumentêr saam met filmvervaardiger Niel van Deventer.

Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde, stappies op die strand, gesprekke met vriende, en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

Sirkels is meesterlik saamgestel en bied ’n lekkerluister-ervaring vir oud en jonk. Dis nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”

    Lyra K
    Music News 4 Sep 2026
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility

    Maustrack
    Music News 27 Aug 2026
  • Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”

    Tim Hendricks
    Music News 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
  • Malia Introduces Herself to South Africa With "Touch" 3
    Malia Introduces Herself to South Africa With “Touch”
    August 13, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Flow River Flow”
    August 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.