Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Anton Goosen stel eie eksklusiewe reeks veldskoen vry

Anton Goosen stel eie eksklusiewe reeks veldskoen vry

Blitsoorsig: Anton Goosen, die vader van Afrikaanse rockmusiek, het nou sy eie eksklusiewe veldskoereeks gelanseer. Die Jantjie Veldskoen is vervaardig volgens sy spesifikasies en word beskryf as 'n moderne veldskoen met ou, nostalgiese waardes. Die naam kom van sy treffer-liedjie uit 1976, en die ontwerp is geinspireerd deur sy beroemde storie oor veters wat hy met wit elektriese draad vervang het tydens 'n toer.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 24, 2022No Comments3 Mins Read Music News 55 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Anton Goosen se musiek is net so deel van die Afrikaanse kultuur, soos melktert, braaivleis en koeksisters. Daarom is dit heel gepas dat hierdie legendariese Liedjieboer se naam en handelsmerk voortaan verbind gaan word aan ’n nuwe reeks eksklusiewe veldskoene, die JANTJIE VELDSKOEN, wat volgens sy unieke spesifikasies vervaardig is.

Anton Goosen, wat reeds sedert die 80s veldskoene op die verhoog dra, was nog altyd versot op hierdie gemaklike skoen en het selfs ’n 1980-skildery (deur Hermien Spies) van ’n paar wat by Karasburg Handelshuis in die ou Suidwes-Afrika gekoop is, op die omslag van sy derde album, Liedjieboer, gebruik.

Anton Goosen

Dié paar skoene, waarna hy vandag steeds nostalgies verwys, was gemaak van koedoeleer (of soos hy vertel – “dit was ’n koedoe voordat dit ’n skoen was”) en het baie aandag getrek omdat die veters gebreek het, terwyl hy op toer was, en hy dit met wit elektriese draad vervang het omdat dit al was wat hy kon kry.

Gehore het dié humoristiese staaltjie so baie geniet dat hy dit deel gemaak het van sy vertonings en altyd gegrap het dat die draadveters ekstra-spesiaal was omdat jy dit kon inprop om die “beat” van die musiek te kry. Dit is dan ook hierdie storie wat as inspirasie gedien het vir die musikant en liedjieskrywer se reeks veldskoene.

IQ AcademyOfferforge

Volgens Kobie Koen van Vonk Musiek, kan die Jantjie Veldskoen beskryf word as ’n moderne veldskoen wat volgens ou, nostalgiese waardes vervaardig is

“Anton wou graag ’n nostalgiese ontwerp hê wat aansluit by die skoene wat hy op die skildery gedra het en daar is omtrent sewe rondtes veranderinge aangebring voordat die finale produk gereed was. Dit is ’n lae-snit suede veldskoen wat gemaklik pas soos ’n pantoffel, maar modern genoeg is om aan die nuutste tendense te voldoen. Ons is baie trots op die eindproduk.”

Die naam van die reeks is geïnspireer deur sy treffer, Jantjie, wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekend gemaak is.

Anton Goosen verklap oor hoekom hulle op dié naam besluit het

“Jantjie kom al ’n baie lang pad saam met my. Hy het vir ons gewerk op Kroonstad en my geleer rook, melk en kitaar speel en sy vrou was Katryntjie. Sy kon die mooiste blomrangskikkings maak.”

’n Spesiale veldskoen vir vroue, wat Katryntjie gaan heet, is ook in die pyplyn vir die nabye toekoms. Ander veldskoensnitte word ook as deel van die Liedjieboerreeks beplan.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Anton Goosen

Anton is ’n bekroonde musikant, regisseur en liedjieskrywer, met meer treffers op sy kerfstok as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder Silver de Lange, Boy van die suburbs, Byeboerwa, ’n Brief vir Simone, Kruidjie-roer-my-nie, Jantjie, Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans en vele meer.

Verder spog hy met meer as twintig topverkoper-albums en talle musiektoekennings, en het hy al die verhoog gedeel met die room van plaaslike kunstenaars en opgetree by al die groot musiekfeeste in die land. Hy word beskou as die vader van Afrikaanse rockmusiek, wat die grondslag gelê het waarop baie suksesvolle musikante daarna kon bou.

Anton Goosen: Liedjieboer, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanli Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik. Tans toer hy die land vol en is hy besig om aan nuwe musiek te werk vir ’n album wat hy in die nabye toekoms wil uitreik.

Anton Goosen - Liedjieboer

Die Jantjie Veldskoen is tans aanlyn beskikbaar by Vellie Boutique.

“Hierdie vellies is baie gemaklik. Ek dra dit non-stop vir die afgelope paar weke en dit is heerlik.” sê Anton Goosen.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single

    Strongboi
    Music News 4 Aug 2026

    Strongboi releases "Think Twice," their first single of the year, a neo-psych track that blends meticulous instrumentation with heavenly harmonies and vulnerability.

    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP

    Alyssa Grace
    Music News 4 Aug 2026

    Alyssa Grace debuts her EP Spilling My Guts, a raw seven-track collection featuring her Billboard Hot 100 hit Bloodstream and exploring themes of love and self-growth.

  • GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”

    GoodLuck
    Music News 3 Aug 2026

    GoodLuck returns with "Last Deep Breath," a euphoric new single blending 90s house vibes with modern production, celebrating living fully in the moment.

    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton

    Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    Music News 1 Aug 2026

    South African singer Jamie-Lee Sexton releases "Wild Electric," a bold pop-rock single marking a new creative era after her recent Basadi in Music Awards win.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
  • Jann Klose and Marcella Detroit
    Jann Klose & Marcella Detroit Drop “Hurting Nobody”
    July 27, 2026
  • Somi
    Somi Releases New Single: “So You Want To Be A Woman”
    July 24, 2026
  • Craig Lucas Featured
    Craig Lucas embraces the journey on new single “Joyride”
    July 24, 2026
  • Anacy Featured
    Anacy Releases “Khulula” (A Cinematic Afropop Journey)
    July 17, 2026
  • The Color Blew
    The Color Blew Unveil “Popcorn and Candyfloss”
    July 17, 2026
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.