Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » David Fourie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Dans Ding”

David Fourie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Dans Ding”

Blitsoorsig: David Fourie het na 8 jaar stilte sy nuwe nommer "Die Dans Ding" uitgelei, ge-inspireer deur sy werk met kinders met fisiese en verstandelike uitdagings in Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die liedjie is 'n uitnodiging om die lewe te vier en deur dans aan aardse probleme te ontsnap, vervaardig saam met Fred Den Hartog van Die Heuwels Fantasties.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 22, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 115 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

David Fourie het sy professionele verskyning as sanger gemaak toe hy in 2002 die eindrondte van die gewilde Idols-South Africa gehaal het. Vandag is hy bekend vir liedjies soos “Ek wil jou ken”, “Land in die suide”, “Kaboemielies”, “Hou my vas, stywer vas” en sy mees onlangse nommer een, “On the radio”.

Kort voor David Fourie se pa in 2016 oorlede is, het hy sy seun aangemaan: “Kom terug, ons mense mis jou.” Wyse woorde van‘n pa wat ook sy bekende liedjie, “Kaboemielies”, geïnspireer het.

Soos sy pa sagkens probeer wys het waar die wortels begrawe is, het David weer begin musiek skryf, en na 8 jaar nooi hy ALMAL nou saam op die verhoog met, “Die Dans Ding”.

David Fourie

David Fourie verduidelik “Die Dans Ding”

“My nuwe musiek is nie net ‘n lekker Afrikaanse pop liedjie nie, maar ‘n uitnodiging om die lewe te vier, ten spyte van neerslae, siektes en enige uitdagings wat ons beleef.”

NetfloristOfferforge

“As jy net vreeslik lekker kan dans net soos wat jy is, voel dit asof dit jou oplig, bo aardse probleme uit, en dit gee jou nuwe lus vir die lewe. Na alles wat in die laaste vyf jaar in ons wêreld gebeur het, is daar geen beter geneesmiddel as om te dans met simbale en alles wat jy het nie.”

David Fourie verduidelik die inspirasie agter “Die Dans Ding”

“Ek het gedurende my tyd in Nieu-Seeland begin werk met ‘n organisasie, StarJam, waar ek vir kinders met verskeie fisiese en verstandelike uitdagings klasgegee het om te sing en te dans. Ek het met hulle gewerk soos ‘normale’ kinders en hulle uitgedaag om hulle beste te lewer deur musiek.”

“Dit was so ‘n wonderlike ervaring wat selfs die nuus gehaal het. Hier in Suid-Afrika werk ek met kinders by die Imibala Trust, wat sosio-ekonomiese uitdagings beleef, selfs hulle dans bo uit oor al hulle sorge heen, en is nou oppad om oorsee op te tree. Al hierdie ervaringe het my benadering tot my eie musiek en doel in die industrie verander en ek skryf en skep vanuit daardie perspektief.”

“Die Dans Ding” is ‘n merkwaardige tentoonstelling van David Fourie se evolusie as Afrikaanse “Pop-Ster”, skrywer, en sy bydrae tot die vernuwing van die genre.

NetfloristOfferforge

Dit is vervaardig deur mede-skrywer, Fred Den Hartog (Die Heuwels Fantasties), die verwerking is organies, tog knipoog produksie duidelik na aanhangers van Afrikaanse dans musiek. David betoon dank aan sy getroue en geduldige ondersteuners, tog verwelkom hy ook die nuwe generasie van musiekliefhebbers met ‘n vars openbaring van sy hart.

Soos die lirieke aandui nooi David sy gehoor, alledaagse mense, ons mense, om saam met hom die speel knoppie te druk op hulle lewens en te kyk wat gebeur…

Kykers en luisteraars herken hulself, vriende, bure, vreemdelinge en selfs TikTokers, terwyl die musiek ‘n bevrydende effek het op individue wat hulle eie uitdagings in die lewe ervaar: fisies, sosio-ekonomies, kultureel ens.

Dit word natuurlik ‘n GROOT dans partytjie met David as voorhaan, want “Die Dans Ding” is ‘n ‘ding wat begin en dit sluk jou in’. Kry almal bymekaar en kom dans saam!

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir “Die Dans Ding” hier onder:

YouTube video player

Jy kan David Fourie se liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.