Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » David Fourie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Dans Ding”

David Fourie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Dans Ding”

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 22, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 31 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

David Fourie het sy professionele verskyning as sanger gemaak toe hy in 2002 die eindrondte van die gewilde Idols-South Africa gehaal het. Vandag is hy bekend vir liedjies soos “Ek wil jou ken”, “Land in die suide”, “Kaboemielies”, “Hou my vas, stywer vas” en sy mees onlangse nommer een, “On the radio”.

Kort voor David Fourie se pa in 2016 oorlede is, het hy sy seun aangemaan: “Kom terug, ons mense mis jou.” Wyse woorde van‘n pa wat ook sy bekende liedjie, “Kaboemielies”, geïnspireer het.

Soos sy pa sagkens probeer wys het waar die wortels begrawe is, het David weer begin musiek skryf, en na 8 jaar nooi hy ALMAL nou saam op die verhoog met, “Die Dans Ding”.

David Fourie

David Fourie verduidelik “Die Dans Ding”

“My nuwe musiek is nie net ‘n lekker Afrikaanse pop liedjie nie, maar ‘n uitnodiging om die lewe te vier, ten spyte van neerslae, siektes en enige uitdagings wat ons beleef.”

“As jy net vreeslik lekker kan dans net soos wat jy is, voel dit asof dit jou oplig, bo aardse probleme uit, en dit gee jou nuwe lus vir die lewe. Na alles wat in die laaste vyf jaar in ons wêreld gebeur het, is daar geen beter geneesmiddel as om te dans met simbale en alles wat jy het nie.”

NetfloristOfferforge

David Fourie verduidelik die inspirasie agter “Die Dans Ding”

“Ek het gedurende my tyd in Nieu-Seeland begin werk met ‘n organisasie, StarJam, waar ek vir kinders met verskeie fisiese en verstandelike uitdagings klasgegee het om te sing en te dans. Ek het met hulle gewerk soos ‘normale’ kinders en hulle uitgedaag om hulle beste te lewer deur musiek.”

“Dit was so ‘n wonderlike ervaring wat selfs die nuus gehaal het. Hier in Suid-Afrika werk ek met kinders by die Imibala Trust, wat sosio-ekonomiese uitdagings beleef, selfs hulle dans bo uit oor al hulle sorge heen, en is nou oppad om oorsee op te tree. Al hierdie ervaringe het my benadering tot my eie musiek en doel in die industrie verander en ek skryf en skep vanuit daardie perspektief.”

“Die Dans Ding” is ‘n merkwaardige tentoonstelling van David Fourie se evolusie as Afrikaanse “Pop-Ster”, skrywer, en sy bydrae tot die vernuwing van die genre.

Dit is vervaardig deur mede-skrywer, Fred Den Hartog (Die Heuwels Fantasties), die verwerking is organies, tog knipoog produksie duidelik na aanhangers van Afrikaanse dans musiek. David betoon dank aan sy getroue en geduldige ondersteuners, tog verwelkom hy ook die nuwe generasie van musiekliefhebbers met ‘n vars openbaring van sy hart.

Soos die lirieke aandui nooi David sy gehoor, alledaagse mense, ons mense, om saam met hom die speel knoppie te druk op hulle lewens en te kyk wat gebeur…

Kykers en luisteraars herken hulself, vriende, bure, vreemdelinge en selfs TikTokers, terwyl die musiek ‘n bevrydende effek het op individue wat hulle eie uitdagings in die lewe ervaar: fisies, sosio-ekonomies, kultureel ens.

Dit word natuurlik ‘n GROOT dans partytjie met David as voorhaan, want “Die Dans Ding” is ‘n ‘ding wat begin en dit sluk jou in’. Kry almal bymekaar en kom dans saam!

Kyk die video vir “Die Dans Ding” hier onder:

YouTube video player

Jy kan David Fourie se liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Oorlog Frankenstein
    Oorlog Frankenstein – Dans Dans Dans (Haezer Remix) (Video)
  • Jack Parow
    Jack Parow releases “Dans Dans Dans” Music Video
  • Deon Groot
    Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dans in Afrikaans”
  • Fokofpolisiekar
    Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
    July 3, 2026
  • Galpalooza 2026
    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA
    April 7, 2026
  • NE-YO
    NE-YO South African Tour: October 2026
    June 15, 2026
  • Tamia
    Tamia South African Tour: August 2026
    April 21, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202624 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202624 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202624 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.