Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jaid River Reik “Stad Van Verlange” Musiekvideo Uit

Jaid River Reik “Stad Van Verlange” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Jaid River het haar musiekvideo vir "Stad Van Verlange" pas vrygestel. Die video kombineer ou gesinsvideo's met tonele opgeneem in Jaco Smit se ateljee en neem luisteraars op 'n nostalgiese reis deur die begaafde sanger se lewe. Dit fokus op die kinderlike onskuld en die mense wat die belangrikste rol in haar lewe speel.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 20, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jaid River se nuutste enkelsnit, “Stad Van Verlange”, is vroeër vanjaar saam met haar debuut-album, Verlanger, uitgereik en gaan oor die ervaring om agter te laat wat jy ken en die onsekerheid en twyfel wat daarmee gepaard gaan wanneer jy vir die eerste keer alleen in ’n nuwe stad of plek is.

’n Musiekvideo van dié kragtige ballade, wat sovêr baie goed ontvang word, is pas vrygestel en neem jou op ’n nostalgiese reis deur hierdie begaafde sanger en liedjieskrywer se lewe.

Die video bestaan uit ’n kombinasie van ou gesinsvideo’s en meer onlangse tonele wat in Jaco Smit se ateljee (waar 11 van haar album se liedjies opgeneem is) in Midlands Estate opgeneem is.

Jaid River

Jaid River verduidelik

“Hierdie hele video is eintlik so nostalgies. Ons het ou gesinsvideo’s gebruik van toe ek en my sussies jonger was. Dis ’n herinnering van kinderlike onskuld en wys stukkies van wie ek is, waar ek vandaan kom, en die mense wat grootste rol in my lewe gespeel het. Toe en nou,”

NetfloristOfferforge

“Buiten vir my sussies (wat my verhoognaam geïnspireer het) en ouers, was ek ook bevoorreg om twee van my beste vriende, Jaco Smit (my vervaardiger en musikant) en Manelisi Mdaka (baskitaarspeler), in die video te hê.”

Net soos haar vorige video en publisteitsfoto’s, was GP van der Merwe, met Jaco van der Bank op tweede kamera, weereens aan stuur van sake tydens dié projek en is sy dankbaar vir die geleentheid om saam met mense te kon werk wat sy goed ken.

Jaid River

Jaid River vertel ons oor haar ervaring

“Ek dink wanneer jy saam met vriende werk, is daar ’n ander dinamiek wat mense van buite af kan optel. Om saam met my ‘band’ te kon speel in die video was lekker en moeiteloos.”

Meer inligting oor Jaid River

Jaid River, wie se regte naam Jeanlie Minnie is, is in Potchefstroom gebore en het in George grootgeword. Dié Pretorianer het in 2016 (op die ouderdom van sewentien) by restaurante en markte begin optree.

NetfloristOfferforge

In dieselfde jaar, het sy die geleentheid gekry om by die Karoo Stilfees op te tree saam met kunstenaars soos Joshua Na Die Reën, Lizandra Winter, Len Muller, en Jaco Van Der Merwe, en blywende vriendskappe is gevorm.

Nadat sy haar diploma in 2021 verwerf het, het sy in alle erns op haar musiekloopbaan begin fokus. Sedert die amptelike vrystelling van haar debuut-album in Maart 2023, werk sy hard aan nuwe musiek en projekte saam met ander musikante en beplan sy om die land plat te toer met haar musiek.

Met “Stad Van Verlange” se musiekvideo deel Jaid, net soos met haar lirieke, baie van haarself met luisteraars en sy hoop dié video sal mense herinner aan wat regtig belangrik is.

Jaid River verduidelik die boodskap wat sy wil oordra met die liedjie

“Die boodskap is dat daar mense is wat jou vorm en dat daar ’n kinderlikheid is wat soms verlore raak soos wat jy ouer word, maar tog is daar ook dele wat bly, sekere goed kan jy nooit vergeet of verloor nie,”

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir “Stad Van Verlange” hier onder:

YouTube video player

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jaid River Reik Nuwe EP Uit: “Marionet”

    Jaid River Artist
    Music News 8 Aug 2025
  • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Marionet”

    Jaid River - Marionet
    Music News 20 Jun 2025
  • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker”

    Jaid River
    Music News 11 Apr 2025
  • Jaid River Releases New Single: “Sidewalks”

    Jaid River
    Music Videos 2 Aug 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jaid River Pretoria South Africa Stad Van Verlange
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.