Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jauni M Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Storm”

Jauni M Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Storm”

Blitsoorsig: Jauni M het haar derde enkelsnit "Storm" uitgebring, 'n kontemporêre liefdesballade geskryf deur Johan Oberholzer. Die lied verwoord hoe belangrik dit is om iemand te hê wat jou anker kan wees wanneer alles deurmekaar is. Dit is vervaardig deur Murray Lubbe en Jauni het saamgewerk met bekroonde fotograaf Mireia Vilaplana. Die lied is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 19, 2025No Comments2 Mins Read Music News 65 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Wanneer talentvolle kreatiewe siele saamwerk, ontstaan daar iets besonders – en Jauni M se jongste enkelsnit, “Storm”, is die perfekte voorbeeld daarvan.

“Storm” is ’n kontemporêre liefdesballade geskryf deur die ontslape en bekroonde liedjieskrywer Johan Oberholzer. Dit verwoord die rustigheid wat ’n mens kan ervaar te midde van chaos – wanneer jy daardie een spesiale persoon het wat jou veilig laat voel.

Jauni M

“Ek was van die begin af verlief op hierdie lied,” sê Jauni M. “Dis ’n pragtige herinnering aan hoe belangrik dit is om iemand in jou lewe te hê wat jou anker kan wees wanneer alles anders deurmekaar is. Ek glo baie mense sal aanklank vind by hierdie tema.”

Die lied is vervaardig deur Murray Lubbe, wat die atmosfeer en emosie van die snit meesterlik vasgevang het. Boonop het Jauni saam met die bekroonde fotograaf Mireia Vilaplana van Barcelona gewerk aan die kreatiewe visuele inhoud van die enkelsnit.

NetfloristOfferforge

“Van die liedjieskrywer tot die fotograaf – ek was werklik bevoorreg om met van die beste mense in die bedryf saam te werk,” sê sy trots.

Jauni M se loopbaan is gebou op Passie en Deursettingsvermoë

“Storm” is Jauni se derde enkelsnit, en volg op haar vorige suksesvolle uitreikings, “Liefde Soos Dagbreek” en “Niemand Anders”, wat albei goed ontvang is en steeds landwyd oor die radio speel.

Jauni woon tans saam met haar gesin in Dubai, maar haar musiekloopbaan het reeds op ’n jong ouderdom begin.

Sy het van kleins af ’n liefde vir sang gehad en het haar familie graag vermaak met optredes in die sitkamer. Sedertdien het sy haar stem verfyn en ’n merkwaardige loopbaan opgebou wat strek oor byna twintig jaar.

NetfloristOfferforge

Sy het al saam met bekende kunstenaars soos Ruhan du Toit en Deon Meiring gewerk, en wanneer sy nie musiek maak nie, beoefen sy met passie haar ander beroep as naeltegnikus.

Met “Storm” hoop Jauni dat luisteraars hulself sal herken in die emosie en boodskap van die lied. Dis ’n snit wat oud en jonk sal raak met sy treffende lirieke, meesleurende melodie en strelende stem – alles bestanddele vir ’n lied wat nog lank sal bly leef.

“Storm” is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms soos Spotify, Apple Music en YouTube Music.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album

    Southern Wild
    Music News 9 Sep 2026
  • Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”

    Shortstraw
    Music News 7 Sep 2026
  • Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”

    Lyra K
    Music News 4 Sep 2026
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.