Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Kontras se nuwe album is hier: “Vir Konteks”

Kontras se nuwe album is hier: “Vir Konteks”

Blitsoorsig: Afrikaanse rock band Kontras het hul debuutalbum Vir Konteks op alle digitale platforms uitgebring. Na verskeie enkelsukseffe hierdie jaar, bied die album vir almal iets met 'n mengsel van break-up songs, love songs, party songs en politieke tracks. Die album spreek globale omstandighede aan terwyl dit ook persoonlike onderwerpe soos angs en geestesgesondheid ondersoek.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 15, 2020No Comments4 Mins Read Music News 26 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Afrikaanse rock band, Kontras, se debuutalbum, Vir Konteks, is uiteindelik beskikbaar op alle digitale platforme. Die Stellenbosch band het al verskeie enkelsnitte hierdie jaar uitgereik, naamlik ‘Die Happy Song’, ‘Mors Jou Drank’, ‘Die Ruimtevaarder’ en ‘Velde’ (waarvan die laasgenoemde ‘n musiekvideo het) en elke snit was meer verskillend as die vorige een.

‘Velde’ en ‘Die Ruimtevaarder’ het elk geweldige ondersteuning ontvang op ‘Apple Music’ se editorial playlists (Alternatiewe Afrikaans), ‘Die Happy Song’ het landswye publisiteit ontvang as gevolg van sy onderwerpe oor vrouwees, en ‘Mors Jou Drank’ het vir meer as 10 weke gechart op KovsieFM se Clip Hard Rock Chart.

Kontras - Vir Konteks

Wat Kontras se Vir Konteks ‘n stappie bo ander albums plaas, is dat daar iets vir almal is. Kontras het ‘n punt gemaak om vir almal konteks te gee oor wie hulle is en waar hulle vandaan kom; break-up songs, love songs, party songs, kwaadraak songs en politieke songs. Dit bou ‘n brug tussen alternatiewe en kontemporêre Afrikaanse musiek deur om gebruik te maak van elemente van elke genre.

Vir Konteks knoop in met die huidige globale en politiese omstandighede van die afgelope tien jaar, maar is ook nie bang om die mens as individu onder die mikroskoop te plaas nie. Songs soos “Chemikalieë”, “Parafien Paradys”, en “Die Mislukte Rewolusie” is nie bang om die status quo van Afrikaanse kultuur te bevraagteken nie, terwyl tong-in-die-kies songs soos “Peruvian Flu” en “Mors Jou Drank” ons herinner om jouself nie altyd te ernstig op te neem nie. “Velde”, “Die Ruimtevaarder” en “Die Happy Song” herinner ons weer dat selfs al lyk die lewe soms moeilik, daar is altyd hoop, gewoonlik gevind deur liefde van jou naastes.

IQ AcademyOfferforge

“Gee Meer” & “Sprokies Katastrofies” handel weer oor die worsteling binne ons eie psige en vat onderwerpe soos angs, selfverwyt en geestesgesondheid direk aan. “Sout In My Are” is ‘n huldeblyk aan mense wat enige iets sal doen om brood op die tafel te sit, terwyl “Jou Eie Kruisiging” bybelmetafore gebruik om die einde van ‘n verhouding te visualiseer.

Jacques Groenewald praat oor die betekenis Vir Konteks

“’Ons as mense mis soveel keer die ware konteks agter wat vir ons gesê word deur ander. Selde krap ons dieper as die oppervlak. Vir Konteks is ‘n dieper krap vir ‘n groter jeuk, wat ons voel ons nie kan bereik nie”

Vir Konteks - Album Cover

Meer inligting oor Kontras

‘n Band wat gevorm het tussen klasse by die Universiteit van Stellenbosch, Kontras het hul debuut gesien in Februarie van 2018 toe Jacques Groenewald (hoofsanger), Daniël Botha (dromme), Andrew Veldman (kitaar) en Louwrens Labuschagne (baskitaar) agtergekom het daar is ‘n tekort in Afrikaanse musiek; musiek wat eg voel. Oor die afgelope 2 jaar, het hulle Side A en Side B vrygestel, waarop ‘Middelklas Middelman’ gehoor kan word.

Hierdie enkelsnit het vir Kontras baie gedoen, veral nadat dit ondersetuning vanaf Afrikaans is Groot, KykNET, Huisgenoot, MaroelaMedia, Sterre, Afrikaanse Musiek Nuus, Texx and the City, Plektrum Musiek en nog vele ander publikasies gekry het. Kontras het al meer as 62 000 plays gekry op digitale platforms en is dit steeds besig om vinnig te groei.

NetfloristOfferforge

Kontras se musiek kan gehoor word op radiostasies regoor Suid-Afrika soos BokRadio, OneFM, MFM,
KovsieFM, LekkerFM, Radio Overberg, GrindRadio, TreffersFM, GrootFM, BayFM, en HosaRadio om
net ‘n paar te noem.

Kontras het al verskeie feeste gespeel soos Rocking Stellies, The International Tequila Festival, en I Love Stellies waar hulle al verhoë gedeel het met kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Jack Parow, The Plastics, Willim Welsyn, The Kiffness, Straatligkinders, Early B, Van Pletzen, YoungstaCPT, Tasché en Die Heuwels Fantasties onder andere.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

    Francois van Coke het sy nuwe punk anthem "Bangkinders" uitgereik. Dis propvol rou energie en satire oor moderne absurditeite.

  • Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop

    Millennium - Brooklyn Bachelor
    Music Videos 28 Jul 2026

    Millennium se nuwe blues-rock hit "Brooklyn Bachelor" is 'n opwindende liedjie oor 'n gevaarlike vrou en roekelose avontuur vol humor en waarskuwing.

    The Color Blew Unveil “Popcorn and Candyfloss”

    The Color Blew
    Music News 17 Jul 2026

    The Color Blew return with "Popcorn and Candyfloss," a reflective alternative rock single exploring innocence, loss, and the bittersweet nature of longing.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Amadé (Brian Chaplin's Solo Project) Unveiled 1
    Amadé (Brian Chaplin’s Solo Project) Unveiled
    August 6, 2026
  • Shabadu Featured
    Shabadu Captures Soul of African Jazz With “Warmly Grounds”
    August 6, 2026
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.