Na die sukses van sy debuut-enkelsnit, 3 Weke, is Logan Pietersen terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit, uit sy eie pen, wat die publiek nóg meer gaan geniet as die vorige een.
“Ex-Probleem” het ‘n lekker opgewekte ritme en gaan oor tipiese probleme wat ’n liefdesverhouding laat sneuwel en jou skepties maak vir toekomstige verhoudings.
Logan Pietersen verduidelik die inspirasie agter die liedjie
“Na my verhouding met die meisie oor wie ‘3 Weke’ gaan, was daar vir ’n kort rukkie iemand anders in my lewe. Dinge was egter vinnig verby tussen ons, omdat dit gevoel het asof die vorige situasie homself herhaal. ’n Mens kom op die punt wat jy genoeg gehad het en jou vertroue so vertrap is dat jy moeg is vir leuens en valse hoop. Ek het toe albei situasies gebruik as raamwerk om Ex-Probleem te skep.”
Die lied, wat deur Fanie Pieterse vervaardig is, lê hom na aan die hart omdat dit hom gemotiveer het om homself los te maak van die houvas wat hierdie meisies op sy daaglikse geluk gehad het. Hy glo ook dat dit vir luisteraars, wat self deur ’n moeilike tyd gaan, iets kan beteken en dat mense daarby sal aanklank vind en die storie hulle eie sal maak.
Meer inligting oor Logan Pietersen
Logan Pietersen (wat van Naboomspruit af kom) is mal oor visvang, motorfietsry, 4×4-avonture en vele meer. Hy woon tans in Pretoria en is die oudste van drie kinders. Sy liefde vir skryf en musiek was egter nog altyd sy grootste passie.
Hy werk reeds vir meer as ’n dekade in die musiekbedryf en het al talle hoogtepunte behaal, soos om deur te dring na die Top 96 van seisoen drie van The Voice SA en die Top 46 van Maak My Famous. Hy het ook twee oudisies geslaag om Suid-Afrika te verteenwoordig in New York in 2020, maar kon weens die Covid-19-pandemie nie hierdie droom verwesenlik nie.
Ten spyte van talle uitdagings, insluitend die dood van sy sussie, het hy nooit moed opgegee nie en is hy baie trots op die sukses wat sy eerste enkelsnit, wat vir maande lank op al wat ‘n trefferparade is gekuier het en steeds op stasies landswyd gehoor kan word, bereik het.
Tans werk Logan Pietersen hard aan sy musiek en doen hy soveel optredes as wat hy kan. Hy sou ook graag in die toekoms ’n driestuk-musiekgroep op die been wou bring om ’n voller klank met gehore te kan deel.
“Ex-Probleem” mag nou wel klink soos ’n hartseer liedjie, maar die teendeel is waar. “Dit kom uit my hart en het ’n lekker opgewekte ritme, wat jy op enige plek en tyd kan geniet.” vertel Logan.
Jy kan “Ex-Probleem” op Spotify, Apple Music en ander musiek-stroom platforms stroom.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Subscribe to our newsletter, feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Featured Music Video for May 2024
Worsie van Wyk released a video for his track "Kom Sokkie" on the 10th of May 2024. It has been selected as our featured music video of the month...
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Looking for a loadshedding / outdoor energy solution? Check out EcoFlow.
Looking for great deals on clothes, electronics, appliances and more? Check out Temu.