Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Logan Pietersen reik nuwe enkelsnit uit: “Ex-Probleem”

Logan Pietersen reik nuwe enkelsnit uit: “Ex-Probleem”

Blitsoorsig: Logan Pietersen is terug met "Ex-Probleem", sy tweede enkelsnit wat gespeel is deur Fanie Pieterse. Die liedjie het 'n opgewekte ritme en handel oor verhouding-probleme wat skeptisisme vir toekomstige romanse veroorsaak. Logan verduidelik dat dit geinspireer is deur twee verhoudings waar hy herhaaldelike patrone beleef het wat sy vertrouwen skaad het. Alhoewel dit soos 'n hartseer liedjie klink, is dit 'n opbouende stuk wat luisteraars sal kan deel.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 28, 2022No Comments3 Mins Read Music News 80 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na die sukses van sy debuut-enkelsnit, 3 Weke, is Logan Pietersen terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit, uit sy eie pen, wat die publiek nóg meer gaan geniet as die vorige een.

“Ex-Probleem” het ‘n lekker opgewekte ritme en gaan oor tipiese probleme wat ’n liefdesverhouding laat sneuwel en jou skepties maak vir toekomstige verhoudings.

Logan Pietersen verduidelik die inspirasie agter die liedjie

“Na my verhouding met die meisie oor wie ‘3 Weke’ gaan, was daar vir ’n kort rukkie iemand anders in my lewe. Dinge was egter vinnig verby tussen ons, omdat dit gevoel het asof die vorige situasie homself herhaal. ’n Mens kom op die punt wat jy genoeg gehad het en jou vertroue so vertrap is dat jy moeg is vir leuens en valse hoop. Ek het toe albei situasies gebruik as raamwerk om Ex-Probleem te skep.”

Logan Pietersen - Ex-Probleem

Die lied, wat deur Fanie Pieterse vervaardig is, lê hom na aan die hart omdat dit hom gemotiveer het om homself los te maak van die houvas wat hierdie meisies op sy daaglikse geluk gehad het. Hy glo ook dat dit vir luisteraars, wat self deur ’n moeilike tyd gaan, iets kan beteken en dat mense daarby sal aanklank vind en die storie hulle eie sal maak.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Logan Pietersen

Logan Pietersen (wat van Naboomspruit af kom) is mal oor visvang, motorfietsry, 4×4-avonture en vele meer.  Hy woon tans in Pretoria en is die oudste van drie kinders.  Sy liefde vir skryf en musiek was egter nog altyd sy grootste passie.

Hy werk reeds vir meer as ’n dekade in die musiekbedryf en het al talle hoogtepunte behaal, soos om deur te dring na die Top 96 van seisoen drie van The Voice SA en die Top 46 van Maak My Famous. Hy het ook twee oudisies geslaag om Suid-Afrika te verteenwoordig in New York in 2020, maar kon weens die Covid-19-pandemie nie hierdie droom verwesenlik nie.

Logan Pietersen

Ten spyte van talle uitdagings, insluitend die dood van sy sussie, het hy nooit moed opgegee nie en is hy baie trots op die sukses wat sy eerste enkelsnit, wat vir maande lank op al wat ‘n trefferparade is gekuier het en steeds op stasies landswyd gehoor kan word, bereik het.

Tans werk Logan Pietersen hard aan sy musiek en doen hy soveel optredes as wat hy kan. Hy sou ook graag in die toekoms ’n driestuk-musiekgroep op die been wou bring om ’n voller klank met gehore te kan deel.

NetfloristOfferforge

“Ex-Probleem” mag nou wel klink soos ’n hartseer liedjie, maar die teendeel is waar. “Dit kom uit my hart en het ’n lekker opgewekte ritme, wat jy op enige plek en tyd kan geniet.” vertel Logan.

Jy kan “Ex-Probleem” op Spotify, Apple Music en ander musiek-stroom platforms stroom.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 1
    Upcoming Events 5 Aug 2026
  • Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026
  • Pretoria: 32 Interesting Facts You Didn’t Know

    Pretoria Skyline
    Geography Facts 30 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.