Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Posduif se Nuwe Musiek Versprei Soos ‘n Veldbrand

Posduif se Nuwe Musiek Versprei Soos ‘n Veldbrand

Blitsoorsig: Die gewilde musiekgroep Posduif het hul langverwagte nuwe album "Brandstigter" bekendgestel. Die titelsnit, geskryf deur James Boland en Nick Jordaan, is 'n Bonnie en Clyde-storie oor passie en jong liefde. Die album, vervaardig deur Brendan Campbell, bevat nege liedjies wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde en family. Die groep het sowat 'n jaar aan die album gewerk en is opgewonde om dit met hul aanhangers te deel.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 9, 2024No Comments4 Mins Read Music News 54 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die lang wag is uiteindelik verby, want die gewilde musiekgroep, Posduif, is terug in die kollig met ’n vuurwarm enkelsnit en splinternuwe album wat aanhangers se grootste verwagtinge gaan oortref.

Hulle nuutste treffer, “Brandstigter”, uit die pen van James Boland en Nick Jordaan, beloof om die vonke behoorlik te laat spat en is reeds besig om soos ’n veldbrand onder musiekliefhebbers te versprei.

Posduif - Brandstigter

“Dit is ’n Bonnie en Clyde-storie oor passie, jong liefde en om jouself in die oomblik van verlief wees te verloor,” verduidelik Boland. “Dit is daardie gevoel wanneer jy iemand ontmoet wat jou hele wêreld verander, daardie een persoon wat die vuur in jou aansteek, jou brandstigter.”

Die groep glo dat die liedjie by luisteraars sal aanklank vind omdat dit opgewek is en omdat die passie daarvan in die musiek en melodie gevoel kan word.

IQ AcademyOfferforge

“As jy verlief is of al verlief was, of droom van ’n wilde liefde wat jou wil laat uitskree, as jy weet of wil weet hoe dit voel om jouself in iemand te verloor en waar julle al die reëls wil breek, dan is hierdie liedjie vir jou,” verduidelik hulle.

“Brandstigter” is ook die titelsnit van Posduif se splinternuwe album wat deur Brendan Campbell vervaardig is. Die enkelsnit is aanduidend van die aard van die res van die album – lewendig, energiek, passievol – en vang die groep se gevoel oor die album vas.

“Elkeen van ons leef met passie en gee alles. Ons het “Brandstigter” as die titelsnit en eerste enkelsnit gekies want dit is ’n liedjie wat daardie gees vasvang, een wat ons kliphard wil speel, en met ’n liefdesverhaal wat ons wil hê almal moet ervaar,” verduidelik Boland. 

Hy voeg by: “Die album is ’n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en ’n voetfout. Dit is oor laat kuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan. Dan is daar omgee, familie, jou hart se diepste geheime en liefde vir jou kinders. Dit is nege liedjies wat jou op ’n rit vat en elkeen is ’n storie – jy moet na almal luister om die volle verhaal te ervaar.”

NetfloristOfferforge

Volgens Boland het dit die groep sowat ’n jaar gevat om die album te voltooi. “Dit was ’n lekker album om aan te werk en ons het elke deel geniet. Skryf is ’n ongelooflike proses waar jy ’n stukkie van jou lewe kan deel, terwyl die produksie en opname kreatief en opwindend is.”

Alhoewel meeste van die snitte deur Boland en Jordaan geskryf is, het hulle ook nou saam met die res van die groeplede, Nate Woodman, Marc Brendan en Don Kelly (“Lang Storie Kort”) gewerk.

Kyk die liriekvideo vir “Branstigter” hier onder:

YouTube video player

Meer inligting oor Posduif

Posduif is in 2018 gestig en het hulle debuut gemaak met die liedjie “Brandy Special”, wat meer as 400 000 trefslae op sosiale media gehad het.

Sedertdien, het hulle verskeie ander treffers vrygestel en is hulle deur Bok Radio benoem as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar. Hulle vorige album, Niks Vergelyk, het in 2022 die SAMA gewen vir beste pop-album.

Die groep bestaan uit Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.

Met die vrystelling van hulle nuwe album sien hulle daarna uit om soveel as moontlik op te tree, met twee toere – een langs die kus af en een in Namibië – op die kaarte. Hulle werk ook aan twee musiekvideo’s.

“Ons is so opgewonde om hierdie nuwe album met mense te deel en weer ons stories te vertel,” sê Boland oor Brandstigter. “Ons is ongelooflik dankbaar dat ons musiek tot dusver so goed ontvang is en hoop mense geniet die nuwe album.”

Posduif het ook hulle nuwe album met n vuurwarm luistersessie aan uitgesoekte gaste en media bekendgestel op 3 April by Whisk Wine Bar in Centurion.

Posduif

Onder die gaste was bekendes soos Hugo Ludik, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Bartlo, Mack Rapapali, Albert Bredenhann, Nastassja Ras, Rowan Zerf, Charlize Berg, Stephan van Huysteen, Diaan Daniels, Luan Jacobs, Annelie Bouwer, Eloff, Cobus Visser, Hildegard Havenga en vele meer wat die groep kom ondersteun het.

Jy kan Brandstigter HIER / stroom of aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Posduif Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Houer Van Jou Geheim”

    Posduif
    Music Videos 15 Jul 2024

    Posduif releases their second single "Houer van Jou Geheim" from their recent album, exploring themes of sharing your deepest secrets with someone you trust unconditionally.

    Amadé (Brian Chaplin’s Solo Project) Unveiled

    Amadé (Brian Chaplin's Solo Project) Unveiled 1
    Music News 6 Aug 2026

    Brian Chaplin launches Amadé, his solo electronic music project, with debut single "Hell or High Water" featuring Locnville, exploring melodic house.

  • Shabadu Captures Soul of African Jazz With “Warmly Grounds”

    Shabadu Featured
    Music News 6 Aug 2026

    Shabadu's latest instrumental single "Warmly Grounds" celebrates nostalgia and connection through graceful piano melodies and soulful guitar arrangements that evoke home and family.

    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single

    Strongboi
    Music News 4 Aug 2026

    Strongboi releases "Think Twice," their first single of the year, a neo-psych track that blends meticulous instrumentation with heavenly harmonies and vulnerability.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Posduif South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
  • Jann Klose and Marcella Detroit
    Jann Klose & Marcella Detroit Drop “Hurting Nobody”
    July 27, 2026
  • Somi
    Somi Releases New Single: “So You Want To Be A Woman”
    July 24, 2026
  • Craig Lucas Featured
    Craig Lucas embraces the journey on new single “Joyride”
    July 24, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 332
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.