Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    • Phil Gregory Releases New EP: “22” – Not Out
    • Daniel Baron Releases Powerful Emotional Ballad: “Roses”
    • OneRepublic Announces 2022 South African Tour Dates
    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • SAMA28 Nominees Announced
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “Reënweer”

    Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “Reënweer”

    Henno KrugerBy Henno KrugerAug 13, 2020 Music 3 Mins Read51 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Saarkie het die stilte gebreek! “Reënweer”, hulle nuwe enkelsnit is sopas uitgereik. Die liedjie val net so lekker op die oor soos ’n salige reënbui op die dak. “Reënweer” is gedurende die lockdown geskryf deur Saarkie se eie Adèle Fouché.

    Adèle Fouché lewer kommentaar oor “Reënweer”

    “Gedurende inperking, het die paaie ewe skielik stil geword in die aand. Die geraas van karre, is vervang deur naggeluide,” verklap die meisies oor die inspirasie agter die lied. “Almal wil iemand naby aan hulle hê. Grendeltyd het ons fokus geskuif na die dinge wat belangriker is as die gejaag van die daaglikse lewe.”

    Dié snit bou natuurlik voort op die unieke rockklank waarvoor die trio bekendheid verwerf het en is een van daardie liedjies wat jou dwing om stil te staan en te luister wanneer jy dit vir die eerste keer hoor.

    Reenweer

    Saarkie verduidelik hulle nuwe enkelsnit

    “Almal hou daarvan om te ‘cuddle’ as dit reën. Dis lekker om naby aan iemand van wie jy hou te wees as die donker wolke nader kom. Die liedjie moet luisteraars wegvoer na die eerste paar weke van grendeltyd; toe niemand ’n wekker gestel het nie, die natuur al was wat jy saans kon hoor en jy saam met jou geliefde kon kosmaak. Na enige goeie herinnering van hierdie tyd.”

    Saarkie, wat bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondsanger) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondsanger, en mede-liedjieskrywer) vier vanjaar hulle elfde bestaansjaar en word beskou as een van die mees suksesvolle damesrockgroepe in die land.

    Die Saarkies het bekendheid verwerf vir hulle energieke elektries-akoestiese styl en is oor die jare vir verskeie Ghoema- en SAMA-musiektoekennings benoem, waaronder Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo en Groep van die Jaar.

    Die vrystelling van “Reënweer” is net die begin van baie nuwe en opwindende dinge vir Saarkie, wat verklap dat hulle gedurende hierdie stil tyd drukbesig was met die skryf van nuwe musiek, lewendige konsertopnames en vele meer. ’n Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort aanlyn te koop wees.

    Saarkie

    Saarkie lewer kommentaar hieroor

    “Inperking het ons baie goed behandel. Alhoewel ’n mens soms voel dat dit nou moet end kry, is dit ’n wonderlike geleentheid om jouself weer te vind en nuwe uitdagings aan te pak.”

    Aanhangers is natuurlik baie verlig dat Adèle, Lila en Mjön weer terug is in die kollig en met hule nuwe enkelsnit bevestig hulle net weer hoekom hulle reeds sulke diep voetspore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap het. ’n Mens kan nie help om saam opgewonde te wees oor wat hulle vir die toekoms beplan nie… so hou hulle dop!

    Die musiekvideo vir hierdie liedjie sal ook einde Augustus 2020 uitgereik word.

    Jy kan “Reënweer” luister op Apple Music of Spotify.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Music News Rock Saarkie South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleSAMA26 Winners Announced
    Next Article 5 Ways to Reduce Expenses in Your Small Business
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”

    Sep 24, 20214 Mins Read

    Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar Lê Jou Hart?”

    Aug 4, 20215 Mins Read

    Francois Van Coke reik nuwe enkelsnit uit: “Ons Het Gewen”

    Jun 11, 20212 Mins Read

    Saarkie stel nuwe enkelsnit bekend: “River Blues”

    Apr 27, 20212 Mins Read

    Jan Blohm reik nuwe enkelsnit uit: “Levi Jeans”

    Sep 25, 20202 Mins Read

    Sesling reik nuwe enkelsnit en musiekvideo uit

    May 13, 20202 Mins Read78 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    A quick chat with Kabaal Klankbaan

    Nov 14, 2016

    Photo Album: Park Acoustics – 27 May 2018

    Jun 20, 201832 Views

    An Interview with The Steezies

    Mar 14, 201815 Views

    Review: Huawei GT2 Smartwatch

    Aug 21, 20217 Views

    Some Pre Oppikoppi Words from Baas De Beer

    Aug 1, 2013
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    11 Habits You Need to Stop to Become Happier

    Jul 12, 201938 Views

    What to Do When Goodwill Forgot to Pick up Your Furniture

    Mar 24, 2021

    Quotes from 3 Famous South Africans

    Jan 23, 202076 Views

    5 things I’ll remember when I think of 2017

    Dec 29, 201717 Views

    7 ways to connect with family and friends abroad

    Apr 3, 2021
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    AC/DC: 10 Facts You May Not Have Known

    Oct 18, 2018128 Views

    The year that was 2014…

    Jan 3, 201527 Views

    Review: That 70s Fest 2018

    Feb 19, 201822 Views
    Recent Posts

    Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit

    Jul 1, 202239 Views

    What’s Coming To Netflix in July 2022?

    Jun 30, 202215 Views

    What are the Best Trails in Australia?

    Jun 29, 202211 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.