Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “Reënweer”

Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “Reënweer”

Blitsoorsig: Saarkie se nuwe engelsnit "Reënweer" is gedurende lockdown geskryf en vang die stilte en intimiteit van daardie tyd. Die liedjie inspirasie kom van die naggeluide wat die verkeer vervang het en die fokus op wat werklik belangrik is. Dit is tieperend van die damesrockgroep se energieke elektries-akoestiese styl en bevestig waarom hulle een van die land se suksesvolste is.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 13, 2020No Comments3 Mins Read Music News 39 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Saarkie het die stilte gebreek! “Reënweer”, hulle nuwe enkelsnit is sopas uitgereik. Die liedjie val net so lekker op die oor soos ’n salige reënbui op die dak. “Reënweer” is gedurende die lockdown geskryf deur Saarkie se eie Adèle Fouché.

Adèle Fouché lewer kommentaar oor “Reënweer”

“Gedurende inperking, het die paaie ewe skielik stil geword in die aand. Die geraas van karre, is vervang deur naggeluide,” verklap die meisies oor die inspirasie agter die lied. “Almal wil iemand naby aan hulle hê. Grendeltyd het ons fokus geskuif na die dinge wat belangriker is as die gejaag van die daaglikse lewe.”

Dié snit bou natuurlik voort op die unieke rockklank waarvoor die trio bekendheid verwerf het en is een van daardie liedjies wat jou dwing om stil te staan en te luister wanneer jy dit vir die eerste keer hoor.

Reenweer

Saarkie verduidelik hulle nuwe enkelsnit

“Almal hou daarvan om te ‘cuddle’ as dit reën. Dis lekker om naby aan iemand van wie jy hou te wees as die donker wolke nader kom. Die liedjie moet luisteraars wegvoer na die eerste paar weke van grendeltyd; toe niemand ’n wekker gestel het nie, die natuur al was wat jy saans kon hoor en jy saam met jou geliefde kon kosmaak. Na enige goeie herinnering van hierdie tyd.”

NetfloristOfferforge

Saarkie, wat bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondsanger) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondsanger, en mede-liedjieskrywer) vier vanjaar hulle elfde bestaansjaar en word beskou as een van die mees suksesvolle damesrockgroepe in die land.

Die Saarkies het bekendheid verwerf vir hulle energieke elektries-akoestiese styl en is oor die jare vir verskeie Ghoema- en SAMA-musiektoekennings benoem, waaronder Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo en Groep van die Jaar.

Die vrystelling van “Reënweer” is net die begin van baie nuwe en opwindende dinge vir Saarkie, wat verklap dat hulle gedurende hierdie stil tyd drukbesig was met die skryf van nuwe musiek, lewendige konsertopnames en vele meer. ’n Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort aanlyn te koop wees.

Saarkie

Saarkie lewer kommentaar hieroor

“Inperking het ons baie goed behandel. Alhoewel ’n mens soms voel dat dit nou moet end kry, is dit ’n wonderlike geleentheid om jouself weer te vind en nuwe uitdagings aan te pak.”

NetfloristOfferforge

Aanhangers is natuurlik baie verlig dat Adèle, Lila en Mjön weer terug is in die kollig en met hule nuwe enkelsnit bevestig hulle net weer hoekom hulle reeds sulke diep voetspore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap het. ’n Mens kan nie help om saam opgewonde te wees oor wat hulle vir die toekoms beplan nie… so hou hulle dop!

Die musiekvideo vir hierdie liedjie sal ook einde Augustus 2020 uitgereik word.

Jy kan “Reënweer” luister op Apple Music of Spotify.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”

    Future Radio - Scream
    Music Videos 21 Aug 2026
  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.